English | Afrikaans

Oor Ons

Ek is gebore as Janet van Lingen, Middelburg, Kaap, trou Thomas Benjamin Melville van Humansdorp. Ons het ontmoet terwyl hy en ek studente was aan Grootfontein Landboukollege. My pa het my baie stories oor die Anglo Boereoorlog vertel wat hy by sy ma (my ouma) gehoor het. My ouma was Catharina Joachimina van der Merwe gebore 18.7.1861 in Graaff-Reinet. Sy het op die plaas Poortjie groot geword, die plaas was gelee tussen Graaff-Reinet en Murraysburg. So ver ek kan vasstel is dit vandag Poortjie-Oos. Die familie het getrek na Modderfontein, Middelburg Kaap. Sy het getrou met Matthys Johannes van Lingen. Hulle het die plaas Grootvlei gekoop. Haar ouers was Andries Petrus van der Merwe en Engela Susanna Visser, sy ouers was Willem Johannes van der Merwe en Catharina Joachimina Scholtz. Ek het groot geword op Grootvlei, waar ek vir ‘n tyd vir my pa geboer het. Dit was voor selfone, Internet en epos. My navorsing het meer as 35 jaar gelede begin ek het reeds die van Lingen, Melville (my man), Rudman (skoonma) en Reynolds (my ma) families publiseer. Ek het my eerste van der Merwe boek in 2004 gedruk (die jaar wat ek die D.F. Du Toit Malherbe Prys vir genealogie van die Suid-Afrikaasne Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang het) ek herdruk dit nou weer (sowat 2000 bladsye). Die boek kan by my bestel word. Daar is oor 100 000 verwante name in die van der Merwe databasis. Ek ry al van kleins af perd en het Saalperde geskou en so het ek geskou op landbouskoue soos Uniondale, Willowmore, Graaff-Reinet, Middelburg, Kp. Cradock, Tarkastad, Jansenville, Somerset-Oos en Bloemfontein en daardeur het ek ‘n wye kennis van mense in die Oos-Kaap ook deur my oorlede man wat ‘n wolafslaer was by BSB, het ek baie boere leer ken vanoor die hele land. Sou het ek begin belangstel in die mense van die Oos-Kaap en het baie inligting oor die families van die Oos-Kaap versamel. Ek werk ook aan die Bouwers, Bezuidenhout en Ferreiras (derde herdruk). Ek help ook graag enige person met sy navorsing (gratis). Enige inigting oor die families wat ek in belangstel sal baie welkom wees.

Ek gebruik die fasiliteite by die Mormonse Kerk (Church of Latter Day Saints) in Port Elizabeth. Hulle het al die doopregisters van die verskillende kerke in Suid-Afrika op microfilm so kan ek die films bestel en dit hier besigtig. Ek het ook by die argiewe in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad die Sterfkennise afgeskryf.

Die webtuiste is begin om hierdie proses te bespoedig en ook om andere van hulp te wees met hulle eie navorsing.

Daar het nie ‘n VAN DER MERWE genealogie webtuiste bestaan nie en hierdie is die eerste webtuiste wat nie net ‘n person se stamboom bevat nie, maar alle VAN DER MERWE’s. Hierdie webtuiste is ‘n privaat onafhanklike webtuiste. ‘n Ope uitodiging aan alle VAN DER MERWE’s asook aangetroudes en afstammelinge om asseblief hulle inligting deur te stuur.